Dienste Aangebied

  • Verpakkingsontwerp en handelsmerk uitbreiding
    Met uitgebreide kennis en ondervinding van verpakkingsontwerp vereistes kan ons assisteer met koste-effektiewe verpakkingsontwerp wat die status van u handelsmerk kan verbeter.
  • Kartonvoudienste
    Ons het vennootskappe met die voorste kartonvou vervaardigers in die bedryf ten einde geïntegreerde en effektiewe kartonvou oplossings aan ons groter kliënte te bied. Ons maak gebruik van beide inhuis en gekontrakteerde tegniese spanne om te verseker dat alle kartonvou sentrums ondersteuning geniet ten einde minimale onderbrekings te verseker.
  • Voorraadbeplanning en bestuursdienste
    Deeglike voorseisoens beplanning en kennis van pakprogramme verseker minimale onderbreking gedurende paktyd en minimale oorstaanvoorraad aan die einde van die seisoen. Sisteme en monitering van voorraadvlakke is noodsaaklik ten einde verhoogde diensvlakke te handhaaf en vermorsing te beperk.