Bestuurspan

Prisma het ‘n baie plat bestuurstruktuur en ‘n span wat baie nou betrokke is – die sleutelpersoneel op nasionale vlak is:

Adri Barnard - Operasionele Bestuurder
Adri is ‘n besigheids-gefokusde geoktrooieerde rekenmeester gebaseer in die Paarl. Na graduering by US was Adri ‘n aantal jare in die professie by PwC voor hy in 2010 by Prisma aangesluit het.
Mariana van der Heever - Nasionale Verkoopsbestuurder – Suidelike Streek (insluitend Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Namibië)
Mariana is gebaseer in die Paarl en is die hoeksteen van Prisma se bestaan sedert sy ontstaan in 2004. Met 25 jaar se ondervinding in verpakking, aanvanklik by Nampak, is daar niks van verpakking wat Mariana nie weet nie.